Welkom

WordPress is ’n toonaangewende, semantiese, persoonlike publiseer-platform wat stylvol, getrou aan web-standaarde en gebruikersvriendelik is. WordPress is terselfdertyd gratis en van onskatbare waarde. Dit bevorder vryheid van spraak sodat jy jou stem kan laat hoor.

Die sagteware se kern word gebou en onderhou deur honderde vrywilligers regoor die wêreld. Wanneer jy gereed is, kyk na die duisende Plugins en temas wat jou webwerf kan omskep na enige-iets denkbaar. Meer as 60 miljoen mense het reeds WordPress gekies om hul tuiste op die internet aan te dryf – word gerus deel van die familie.

Vertaling na Afrikaans

Die proses om WordPress na Afrikaans te vertaal, het pas afgeskop. Die vertaalprojek word gekoördineer deur Maroela Media. Die doelwitte is om:

  • ideomaties-korrekte vertalings te doen
  • wat algemeen aanvaar word deur die Afrikaanse gemeenskap
  • ter opbouing en groei van Afrikaans.

Ons is besig om ’n span saam te stel, so kontak ons as jy wil deelneem of spring weg en begin vertaal.

‘n Woordelys is besig om te groei om eenvormigheid te verseker. Bestudeer dit hier.
Anders as in Engels, waarvan ons vertaal, word woorde in Afrikaanse frases en sinne nie gekapitaliseer nie.

Sluit aan by die Slack kanaal

Elke Woensdag oggend 11:00 AM GMT+1 is daar ‘n WordPress Polyglots vergadering by http://wordpress.slack.com #polyglots.

Volg hierdie skakel om aan te teken by die Afrikaans Vertaling Slack span. Of ping @semblance_er in die http://wordpress.slack.com #polyglots kanaal, om ‘n uitnodiging te ontvang. Hier hou ons gesprekke oor woorde en terme om WordPress te vertaal in Afrikaans.

2de WordPress Wêreldwye Vertalings Dag

Saterdag, 12 November 2016 kan jy aansluit by die tweede WordPress Wêreldwye Vertalings Dag. Hierdie 24 ure bied die ideale geleentheid om saam met plaaslike en wêreldwye vertalers dié taak aan te pak. Dit sluit ook opleiding in oor WordPress i18n & L10n.


Laai af

WordPress se Afrikaanse weergawe sal eers beskikbaar wees wanneer die vertaling voltooi is. Gebruik asseblief intussen ’n ander weergawe.

Gereed om te begin? Laai WordPress af