AFC
| AFC | |
|---|---|
Kenteken van die AFC | |
| Engelse naam | Asian Football Confederation |
| Arabiese naam | الاتحاد الآسيوي لكرة القدم |
| Vasteland | Asië |
| Sportsoorte | Sokker |
| Gestig op | 7 Mei 1954 |
| Gestig in | Manila, Filippyne |
| President | Salman bin Ibrahim Al Khalifa |
| Adjunkpresidente | Saoud Al-Mohannadi Ganbaatar Amgalanbaatar Faisal Saleh Hayat Mehdi Taj Zaw Zaw |
| Sekretaris-generaal | Windsor John |
| Sambreelorganisasie | FIFA |
| Konfederasies | AFF, CAFA, EAFF, SAFF, WAFF |
| Setel | Kuala Lumpur, Maleisië |
| Lede | 47 |
| Amptelike tale | Arabies en Engels |
| Amptelike webwerf | the-afc.com |
AFC is die Asiatiese Sokkerkonfederasie (Engels: Asian Football Confederation; Arabies: الاتحاد الآسيوي لكرة القدم). AFC is een van FIFA se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 8 Mei 1954 gestig en hulle hoofkantoor is in Kuala Lumpur, Maleisië, geleë. Die amptelike tale is Arabies en Engels en sedert 2013 is Salman Al-Khalifa president van die AFC.
Australië is vanaf 1 Januarie 2006 die 46ste lid van die AFC. Voor dit was hulle deel van OFC (die Oseaniese Sokkerkonfederasie) gewees. Israel is in 1974 weens die Arabies-Israeliese konflik uitgesluit en het in 1994 by UEFA, die Unie van Europese Voetbal-assosiasies, aangesluit. Kasakstan breek ook in 2002 weg en sluit by UEFA aan. Nieu-Seeland was tot 1964 'n lid van die AFC, maar hulle het in 1966 'n stigterslid van die OFC geword.
Lidlande
[wysig | wysig bron]
Presidente
[wysig | wysig bron]
| Presidentskap | President | Van | Tot | Nasionaliteit |
|---|---|---|---|---|
| 1 | Lo Man Kam | 1954 | 1954 | |
| 2 | Kwok Chan | 1954 | 1956 | |
| 3 | William Sui Tak Louey | 1956 | 1957 | |
| 4 | Chan Nam Cheong | 1957 | 1958 | |
| 5 | Tunku Abdul Rahman | 1958 | 1976 | |
| 6 | Kambiz Atabay | 1976 | 1978 | |
| 7 | Hamzah Abu Samah | 1978 | 1994 | |
| 8 | Ahmad Shah | 1994 | 2002 | |
| 9 | Mohamed bin Hammam | 2002 | 2011 | |
| 10 | Zhang Jilong | 2011 | 2013 | |
| 11 | Salman Al-Khalifa | 2013 | hede |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie AFC.- (ar) (en) AFC se amptelike webtuiste