Biutiful
Voorkoms
Biutiful is 'n dramarolprent van 2010 wat vervaardiger is deur Alejandro González Iñárritu , wat ook die regisseur en medeskrywer was. Javier Bardem is in die hoofrol. Die rolprent is deur Guillermo del Toro medevervaardig.
Die rolprent was Iñárritu se eerste werk sedert Babel (2006) en sy vierde in totaal. Dit was sy eerste prent sedert sy rolprentdebuut, Amores perros (2000) , waarvan die dialoog in sy moedertaal, Spaans, plaasvind.
Die fliek is in 2011 vir twee Oscars benoem, naamlik vir beste prent in 'n taal anders as Engels en vir beste akteur, vir Bardem.
Bardem se rol was die eerste uitsluitlik Spaanssprekende een wat vir die prys benoem is. Bardem het tydens die Cannes-rolprentfees die prys vr beste akteur ontvang.
Skakels
[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.