close
Gaan na inhoud

Drostdymuseum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Image

Die Drostdymuseum in Swellendam is ‘n kultuurhistoriese museum vir die Overberg.[1]

Ligging

[wysig | wysig bron]

Die besondere gebouekompleks waarin hierdie kultuursentrum gehuisves word, lê rondom die punt 34° 1′ suid en 20° 27′ oos in Swellendgrebel- en Drostdystraat.[1]

Geboue

[wysig | wysig bron]

Die drosdy dateer uit 1747.[1] Verder is daar die gevangenis, huise van die sekretaris, balju, koetsier en die sipier. Dan is daar stalle, ‘n hoenderhok, ‘n waskuur, ‘n wynkelder en ‘n watermeul. Mayville met sy roostuin is ‘n voorbeeld van ‘n tipiese dorpshuis en Zanddrift ‘n goeie voorbeeld van ‘n plaashuis uit die 18de eeu.[1]

Versameling

[wysig | wysig bron]

Die museum is in 1943 deur die plaaslike sakeman Lance Tomlinson begin. Later het die staat die voormalige drosdy vir die doel aangekoop. Daarin word 18de en 19de eeuse meubels en kombuisware uitgestal. Sekere vloere is geverf, ander besmeer met beesmis en een is uitgelê met perskepitte. Vyf akwarelle deur Thomas Bowler van tonele van sakepersele in Swellendam en Malgas is geskilder in opdrag van die voormalige groot sakefirma in die Overberg genaamd Barry en Newe. Die besbewaarde boegbeeld in die land is hier te besigtig. Op die ommuurde plaaswerf word die ambagte van ‘n hoefsmid, wamaker, leerlooier, skoenmaker, kuiper en ‘n kopersmid uitgebeeld. Die smidswinkel is ‘n replika van die een wat tot in die 1960’s by Suurbraak in bedryf was. Alle toebehore en gereedskap is hierheen oorgeplaas. Soms loop daar vee op die werf rondom die bakoond en dorsvloer.

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 4 "Drostdy Museum Complex details". artefacts.co.za. Besoek op 18 Maart 2026.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • du Preez, H.M.J. (samesteller): Museums of the Cape. A guide to the province-aided museums of the Cape. Kaapstad: Departement van Natuur- en Omgewingsbewaring, Provinsiale Administrasie van die Kaap die Goeie Hoop, 1982.
  • Fransen, Hans (samesteller): Guide to the museums of Southern Africa. Kaapstad: Suider-Afrikaanse Museumvereniging, 1978

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]