close
Gaan na inhoud

Opstel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Essayis)
Image
Michel de Montaigne

'n Opstel is 'n kort geskrif of artikel vir 'n koerant of tydskrif, waarin die skrywer sy persoonlike visie op hedendaagse verskynsels, probleme of ontwikkelinge gee. In Engels verwys die term oor die algemeen na 'n opstel of 'n betoog. Die Afrikaanse (en Nederlandse) betekenis kom egter van die Franse essai, wat iets soos poging of proefneming beteken.

Die doel van 'n opstel is om 'n standpunt te stel, die leser tot 'n bepaalde insig te probeer oorreed of om gesprek en nadenke te stimuleer. Dit lewer nie 'n volledige uiteensetting van die probleem nie en bied ook nie finale antwoorde nie, maar is juis 'n persoonlike siening. Dit maak soms gebruik van kort vertellings, treffende vergelykings en humor. In teenstelling met 'n kortverhaal (wat narratief of verhalend is) is 'n opstel reflektief, oftewel beskouend van aard.

Die skepper van die literêre genre was Michel de Montaigne wat in 1580 die eerste deel van sy 'Essais' gepubliseer het.

Verdere naleeswerk

[wysig | wysig bron]