close
Gaan na inhoud

Portaal:Sterrekunde

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Wikipedia-portale: Antieke Egipte · Biologie · Chemie · Fisika · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Griekse mitologie · Katte · Krieket · Letterkunde · Musiek · Rugby · Rusland · Skryfstelsels · Sport · Sterrekunde · Tale · Turkye · Vlae en wapens

Sterrekundeportaal


Welkom in die ruimte!

Sterrekunde (ook astronomie genoem, wat "die wette van die sterre" beteken) is 'n wetenskap wat die waarneming en verduideliking van gebeurtenisse buite die Aarde se atmosfeer behels. Die oorsprong/kosmologie, fisiese en chemiese eienskappe van voorwerpe wat in die hemelruim waargeneem kan word, word bestudeer. Waarnemings sluit die volgende in: mane, planete en eksoplanete, sterre, newels en sterrestelsels. Gebeurtenisse sluit in supernovas, gammastraaluitbarstings, die Oerknal en kosmiese agtergrondstraling.

Kosmologie is 'n onderafdeling van sterrekunde wat fokus op die studie van die oorsprong en evolusie van die heelal (dus, hoe alles begin en ontwikkel het) en behandel verskynsels wat buite die atmosfeer van die aarde voorkom, insluitend supernova-ontploffings, gammastraaluitbarstings, en kosmiese agtergrondstraling. Sterrekunde is een van die min wetenskappe waar amateurs steeds 'n rol speel, veral met die ontdekking en monitering van verskynsels van 'n verbygaande aard, soos komete en meteore.

Meer oor sterrekunde . . .

Sterartikel

Volgens die reusebotsingshipotese, soms die Theia-botsing genoem, het die Maan gevorm uit materiaal wat oorgebly het ná ’n groot botsing sowat 4,5 miljard jaar gelede tussen die Aarde en ’n ander hemelliggaam omtrent so groot soos Mars. Die hipotese is in 1946 deur die Kanadese geoloog Reginald Daly voorgestel. Daarvolgens het die protoplaneet Theia 'n wentelbaan met die Aarde gedeel voordat hulle gebots het. Die uitwerpingsmateriaal van die botsing het later geakkreseer om die Maan te vorm. Die protoplaneet is Theia gedoop; dit is genoem na 'n mitiese Griekse Titaan wat die moeder van Selene, die godin van die Maan, was.

Die ontleding van maanrotse wat in ’n 2016-verslag gepubliseer is, dui daarop dat die botsing 'n direkte slag kon gewees het, wat fragmentasie en 'n deeglike vermenging van albei ouerliggame veroorsaak het. Die reusebotsingshipotese is tans die gunstelinghipotese onder sterrekundiges vir die vorming van die Maan. Bewyse wat dié hipotese ondersteun, sluit in:

  • Die Maan se wentelbaan het 'n soortgelyke oriëntasie as die Aarde se rotasie, albei het 'n soortgelyke hoek tot die sonnebaan.
  • Die stabiele isotoopverhoudings van maan- en aardrotse is identies, wat 'n gemeenskaplike oorsprong impliseer.
  • Die Aarde-Maan-stelsel het 'n abnormaal hoë hoekmomentum, wat beteken dat die momentum van die Aarde se rotasie, die Maan se rotasie en die Maan se wentelbaan om die Aarde baie hoër is as dié van ander aardplanete. 'n Reusebotsing kon dié oortollige momentum verskaf het.
  • Maanmonsters dui aan die Maan was eens tot 'n aansienlike, maar onbekende, diepte gesmelt. Dit sou baie meer energie vereis het as wat voorspel word vir die akkresie van 'n hemelliggaam met die Maan se grootte en massa. ’n Uiters energieke proses, soos ’n reusebotsing, kon dié energie verskaf het.
  • Die Maan het 'n relatief klein ysterkern, en dus 'n baie laer digtheid as die Aarde. Rekenaarmodelle van 'n reusebotsing met 'n Marsgrootteliggaam dui daarop dat die botsende liggaam se kern waarskynlik diep in die Aarde sou dring en met sy eie kern sou saamsmelt. Dit sou veroorsaak dat die Maan, wat gevorm is uit die uitwerping van ligter kors- en mantelfragmente, minder metaalagtige yster oor het as ander planetêre liggame.
  • Die Maan het minder vlugtige elemente as die Aarde. Dié elemente, wat by relatief lae temperature verdamp, kon verlore gegaan het in 'n hoë-energievoorval, met die Maan se kleiner swaartekrag wat hulle nie weer kon vasvang nie, terwyl die Aarde dit wel kon doen.
  • Daar is bewyse van soortgelyke botsings in ander sterstelsels, wat tot puinskywe lei.
  • Reusebotsings is in ooreenstemming met die leidende teorie oor die vorming en evolusie van die Sonnestelsel.
...lees verder

Het jy geweet?

Sterrekundige gebeure, 2026
4 AugustusMaan naby Saturnus
5 AugustusOmstreeks 08h35: Space X Falcon 9-vuurpyl bots teen Maan
9 AugustusMaan naby Mars
10 AugustusMaan by perigeum
12 AugustusDonkermaan
12-13 AugustusPerseïdes bereik hoogtepunt
14 AugustusMercurius by perihelium
15 AugustusMercurius naby Jupiter
22 AugustusMaan by apogeum
28 AugustusVolmaan, maansverduistering

Sterfoto
Sterrekunde

'n Sterrestelselswerm is 'n struktuur wat uit enigiets van honderde tot duisende sterrestelsels bestaan wat deur swaartekrag verbind word. Massas wissel gewoonlik van 1014 tot 1015 sonmassas. MS 0735.6+7421 is 'n sterrestelselswerm in die sterrebeeld Kameelperd, sowat 2,6 miljard ligjare van die Son af.
(Saamgestelde foto van Hubble en Chandra.)

Meer oor sterrestelselswerms . . .


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKassiopeiaKefeusKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Asterismes

Die sterrebeelde hierbo is die 88 amptelik erkende sterrebeelde, wat in 1928 en 1930 in Leiden (Nederland) deur die Internasionale Sterrekundige Vereniging vasgelê is. In teenstelling hiermee word ’n asterisme, of sterrepatroon, nie amptelik erken nie; dit is dikwels deel van 'n erkende sterrebeeld. Voorbeelde daarvan is die Drie Konings of Sewe Susters.