Portaal:Sterrekunde
Wikipedia-portale: Antieke Egipte · Biologie · Chemie · Fisika · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Griekse mitologie · Katte · Krieket · Letterkunde · Musiek · Rugby · Rusland · Skryfstelsels · Sport · Sterrekunde · Tale · Turkye · Vlae en wapens
|
Sterrekundeportaal |
|
|
Welkom in die ruimte!
Sterrekunde (ook astronomie genoem, wat "die wette van die sterre" beteken) is 'n wetenskap wat die waarneming en verduideliking van gebeurtenisse buite die Aarde se atmosfeer behels. Die oorsprong/kosmologie, fisiese en chemiese eienskappe van voorwerpe wat in die hemelruim waargeneem kan word, word bestudeer. Waarnemings sluit die volgende in: mane, planete en eksoplanete, sterre, newels en sterrestelsels. Gebeurtenisse sluit in supernovas, gammastraaluitbarstings, die Oerknal en kosmiese agtergrondstraling. Kosmologie is 'n onderafdeling van sterrekunde wat fokus op die studie van die oorsprong en evolusie van die heelal (dus, hoe alles begin en ontwikkel het) en behandel verskynsels wat buite die atmosfeer van die aarde voorkom, insluitend supernova-ontploffings, gammastraaluitbarstings, en kosmiese agtergrondstraling. Sterrekunde is een van die min wetenskappe waar amateurs steeds 'n rol speel, veral met die ontdekking en monitering van verskynsels van 'n verbygaande aard, soos komete en meteore. | |
|
Sterartikel |
|
|
Volgens die reusebotsingshipotese, soms die Theia-botsing genoem, het die Maan gevorm uit materiaal wat oorgebly het ná ’n groot botsing sowat 4,5 miljard jaar gelede tussen die Aarde en ’n ander hemelliggaam omtrent so groot soos Mars. Die hipotese is in 1946 deur die Kanadese geoloog Reginald Daly voorgestel. Daarvolgens het die protoplaneet Theia 'n wentelbaan met die Aarde gedeel voordat hulle gebots het. Die uitwerpingsmateriaal van die botsing het later geakkreseer om die Maan te vorm. Die protoplaneet is Theia gedoop; dit is genoem na 'n mitiese Griekse Titaan wat die moeder van Selene, die godin van die Maan, was. Die ontleding van maanrotse wat in ’n 2016-verslag gepubliseer is, dui daarop dat die botsing 'n direkte slag kon gewees het, wat fragmentasie en 'n deeglike vermenging van albei ouerliggame veroorsaak het. Die reusebotsingshipotese is tans die gunstelinghipotese onder sterrekundiges vir die vorming van die Maan. Bewyse wat dié hipotese ondersteun, sluit in:
| |
|
Ons Sonnestelsel |
|
|
Asteroïdegordel • Dwergplanete (Ceres • Orcus • Pluto • Haumea • Quaoar • Makemake • Gonggong • Eris • Sedna) • Hillswolk • Klein sonnestelselliggame (Kleinplanete • Asteroïdes • Naby-aarde-voorwerpe • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Komete) • Kuiper-gordel • Lokale Borrel • Mane • Meteoroïdes • Oort-wolk • Planete (Aardplanete • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Gasreuse • Jupiter • Saturnus • Ysreuse • Uranus • Neptunus) • Son (Heliosfeer • Sonlig • Sonvlekke • Sonvlamme • Plasmawolke • Newelhipotese) • Verstrooide skyf | |
|
Het jy geweet? |
|
| |
|
Sterrekundige gebeure, 2026 |
||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||
|
Sterfoto |
|
|
'n Sterrestelselswerm is 'n struktuur wat uit enigiets van honderde tot duisende sterrestelsels bestaan wat deur swaartekrag verbind word. Massas wissel gewoonlik van 1014 tot 1015 sonmassas. MS 0735.6+7421 is 'n sterrestelselswerm in die sterrebeeld Kameelperd, sowat 2,6 miljard ligjare van die Son af. | |
|
Sterrekundekategorieë |
|
|
Asterismes • Astrofisika • Astrometrie • Databasisse • Dwergplanete • Hemelliggame • Hemelmeganika • Instrumente • Komete • Kosmologie • Mane • Meeteenhede in sterrekunde • Melkweg • Messier-voorwerpe • Newels • Organisasies • Planete • Planetêre verdediging • Ruimtevaart • Ruimteverkenning • Ruimteverskynsels • Sonnestelsel • Sterre • Sterrebeelde • Sterrekundiges • Sterrestelsels • Sterreswerms • Strukture in die heelal • Teleskope • Teoretiese fisika | |
|
Soorte sterre |
|
|
ART-ster • Bloudwaalster • Bloudwerg • Bloureus • Bruindwerg • Cepheïed • Dubbelster • Geeldwerg • Helder reus • Herbig Ae/Be-ster • Hiperreus • Hoofreeksster • Intergalaktiese ster • Kompakte ster • Kwarkster • Mira-veranderlike • Neutronster • Nova • Opvlamster • Poolster • Pulsar • Reusester • Rooidwerg • Rooireus • RR Lyrae-ster • Sirkumpolêre ster • Skilster • Subdwergster • Subreusester • Supernova • Superreus • Swartdwerg • T Tauri-ster • Veelvoudige ster • Veranderlike ster • Witdwerg • Wolf-Rayetster • X-straaldubbelster | |