close
Gaan na inhoud

Ali Chamenei

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ali Chamenei
Ali Chamenei
Ali Chamenei in 2017

2de Opperleier van die
Islamitiese Republiek Iran
Ampstermyn
4 Junie 1989  28 Februarie 2026
Voorafgegaan deur Roeholla Chomeini
Opgevolg deur Mojtaba Chamenei

3de President van Iran
Ampstermyn
13 Oktober 1981  3 Augustus 1989
Eerste minister Mir-Hossein Mousavi
Voorafgegaan deur Mohammad-Ali Rajai
Opgevolg deur Akbar Hashemi Rafsanjani

Lid van die Vergadering van Deskundiges
Ampstermyn
15 Augustus 1983  21 Februarie 1991

Lid van die Parlement van Iran
Ampstermyn
28 Mei 1980  13 Oktober 1981

Persoonlike besonderhede
Gebore (1939-04-19)19 April 1939
Masjhad, Chorasan, Iran
Sterf 28 Februarie 2026 (op 86)
Teheran, Iran
Politieke party Onafhanklik (1989–hede)
Islamitiese Republikeinse Party (1979–1987)
Gesamentlike Geestelike Vereniging (1977–1989)[1]
Eggenoot/-note Mansureh Chojesteh Bagherzadeh (getroud 1964)
Kind(ers) Mostafa, Mojtaba, Masoud, Meysam, Hoda, Boshra
Religie Sjia Islam
Handtekening

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Iran Iran
Diens/Tak Islamitiese Revolusionêre Wagte
Jare in diens 1979–1980
Rang Hoof van Revolusionêre Wagte[2]

Ajatolla Ali Chamenei (Persies: سید علی حسینی خامنه‌ای , [ʔæˈliː hoseiˈniː χɒːmeneˈʔiː], ; 19 April 1939 – 28 Februarie 2026) was van 1989 tot 2026 die godsdienstige leier en staatshoof van Iran. Hy het in 1989 ajatolla Roeholla Chomeini opgevolg. Die Irannese het hom as God se verteenwoordiger op Aarde beskou en hy het die hoogste magsposisie in die land beklee.[3] Van 1981 tot 1989 was hy ook die president van Iran.

Chamenei was 'n volgeling en vertroueling van Roeholla Chomeini en as sodanig 'n teenstander van die Westerse politiek van sjah Mohammad Reza Pahlavi. Tussen 1964 en 1978 is hy om dié rede gereeld gevange geneem. Ná die val van die sjah in 1978 het hy lid geword van die Islamitiese Revolusionêre Raad, 'n minister en 'n Vrydag-imam in Teheran. As voorganger in die gebed op Vrydagmiddae het hy opruiende preke in die hoofstad gelewer, waarmee hy gelowiges in vervoering gehad het.

Op 27 Junie 1981 het hy 'n aanslag op sy lewe oorleef. Tydens 'n perskonferensie het 'n bom ontplof wat in 'n kassetopnemer weggesteek was. Hoewel Chamenei reg langs die opnemer gesit het, het hy dié aanslag oorleef. Hy was daarna aan sy regterhand gestrem. Vir sy volgelinge was dit 'n bewys dat hy 'n "lewende" martelaar was.

Ná die moord op Mohammad Ali Rajai is Chamenei deur 'n oorgrote meerderheid tot president van Iran verkies. Só het hy die eerste geestelike geword wat hierdie amp in Iran beklee het. As president het hy ook die Islamitiese Republikeinse Party gelei. Net soos sy voorganger, Chomeini, het Chamenei byna onbeperkte mag oor alle staatsinstellings uitgeoefen.

In 1985 is hy vir 'n tweede termyn herkies. In teenstelling met sy voorganger, Abolhassan Bani Sadr, het hy selde met die godsdienstige leier van Iran in konflik gekom. Ná die dood van Chomeini is Chamenei op 4 Junie 1989 tot godsdienstige leier (die opperleier) van Iran verkies.

Chamenei het konserwatiewe Islamisme voorgestaan, wat selde hervormings toelaat. Hierby het hy steun gevind van die Raad van Hoeders wat in die 1980's gestig is. Hierdie raad bestaan uit ses Sjiitiese moellahs en ses juriste en waak oor alle politieke aanstellings, parlementsbesluite en oor die toepassing van sensuur.

Aan die einde van die 1990's het hy enkele hervormings toegelaat om 'n einde aan Iran se internasionale geïsoleerde posisie te maak. Die hervormingsbeweging het in 1997, ná die verkiesing van Mohammad Chatami tot president, in volle gang gekom.

In die vroeë oggendure van 1 Maart 2026 het die Irannese staatsmedia bevestig dat Ali Chamenei in bomaanvalle op Iran gesterf het.[4][5][6][7]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (fa) "جامعه روحانيت مبارز جوان مي‌شود" [Die Vereniging van Strydende Geestelikes word jonger]. Fararu. 8 Julie 2012. 118101. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2018. Besoek op 18 Junie 2017.
  2. (en) "Detailed biography of Ayatollah Khamenei, Leader of Islamic Revolution". Khamenei.ir. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 18 Junie 2017.
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  4. (en) "Iran's Supreme Leader Ayatollah Ali Khamenei is dead, state media says". BBC. 28 Februarie 2026. Besoek op 28 Februarie 2026.
  5. (en) "Iranian state media say country's supreme leader is dead". AP News. 28 Februarie 2026. Besoek op 1 Maart 2026.
  6. (en) "Iran Confirms Khamenei Killed In US-Israel Strikes, Announces 40-Day Mourning". News18. 1 Maart 2026. Besoek op 1 Maart 2026.
  7. (en) "Ayatollah Ali Khamenei: Supreme leader dead, Iran TV confirms as 40-day mourning declared". Gulf News. 1 Maart 2026. Besoek op 1 Maart 2026.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]