close
Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Maandag, 6 April 2026
Hier is tans 128 635 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Image

Image
Voorbladartikel
'n Portret van Galileo Galilei deur Giusto Sustermans in 1636.

Galileo di Vincenzo Bonaiuti de' Galilei (15 Februarie 1564 - 8 Januarie 1642), algemeen bekend as Galileo Galilei of slegs Galileo, was 'n Italiaanse sterrekundige, fisikus en ingenieur, en word soms beskryf as 'n alweter. Hy is gebore in die stad Pisa, toe deel van die Hertogdom Florence. Galileo is al genoem die vader van waarnemingsterrekunde, moderne klassieke fisika, en moderne wetenskap.

Galileo het spoed en snelheid, swaartekrag en vrye val bestudeer, asook die beginsel van relatiwiteit, inersie en voortdrywende beweging. Hy was een van die vroegste Renaissance-ontwikkelaars van die termoskoop en die uitvinder van verskeie militêre kompasse. Met 'n verbeterde teleskoop wat hy gebou het, het hy die sterre van die Melkweg waargeneem, asook die fases van Venus, die vier grootste mane van Jupiter, Saturnus se ringe, maankraters en sonvlekke. Hy het ook 'n vroeë mikroskoop gebou.

Galileo se ondersteuning van Copernikus se heliosentrisme (die teorie dat die Son in die middel van die Sonnestelsel is en nie die Aarde, soos destyds geglo is, nie) het teenstand van die Katolieke Kerk en sommige sterrekundiges ontlok. Die saak is in 1615 deur die Romeinse Inkwisisie ondersoek en hulle het tot die gevolgtrekking gekom sy opinies weerspreek aanvaarde Bybelse vertolkings.

Galileo het later sy sienings verdedig in Dialoog oor die Twee Belangrikste Wêreldstelsels (1632), wat dit laat lyk het of hy pous Urbanus VIII aanval en bespot, en dit het die pous en die Jesuïete, wat Galileo almal voorheen ondersteun het, vervreem. Hy is deur die Inkwisisie verhoor en hulle het hom "sterk verdink van kettery". Hy is gedwing om sy dwaling te erken. Hy het die res van sy lewe onder huisarres deurgebring.

...lees verder

Image

Image
In die nuus
Sarah Mullally in 2019
Sarah Mullally in 2019

Image

Image
Het u geweet...

... dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die Olimpiese Somerspele, Sokker-Wêreldbekertoernooie, Krieketwêreldbekertoernooie, Rugbywêreldbekertoernooie en Formule Een is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.

... dat Botswana die mins korrupte land in Afrika is? Volgens Transparency International is dit naby lande soos Portugal en Suid-Korea gelys.

... dat varke uiters intelligente diere is? Hulle is ook skoner as die meeste troeteldiere en lê slegs in modder omdat hulle nie sweetkliere het nie en modder of water nodig het om af te koel.

... dat sterrestelsels konstant in beweging is? Sommige stelsels, soos dié in die stelsel Arp 87, raak soms selfs in botsings betrokke.

... dat Baldwinstraat in North East Valley, Nieu-Seeland volgens die Guinness Wêreldrekords die steilste straat ter wêreld is?

Image

Image
Vandag in die geskiedenis

6 April

Jan van Riebeeck
Jan van Riebeeck

Image

Image
Voorbladbeeld
La Lupa Capitolina ("Die Kapitolynse Wolvin"). Volgens tradisionele geleerdes is die wolffiguur Etruskies en dateer dit van die 5de eeu v.C. Die figure van Romulus en Remus is in die 15de eeu n.C. deur die Italiaanse kunstenaar Antonio Pollaiuolo bygevoeg. Onlangse studies toon die wolvin is dalk ’n Middeleeuse werk uit die 13de eeu n.C. Die byvoeging van die twee figure verduidelik die langdurige aard van die mite.
Image
Vind artikels
Image

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Image
Wikipedia in ander tale
Image
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Image
Susterprojekte
Image
Image Commons
Vrye media
Image Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Image Wikinews
Vrye nuusbron
Image Wikisource
Die vrye biblioteek
Image Wikibooks
Vrye boeke
Image Wikiquote
Aanhalings
Image Wikispecies
Spesie-indeks
Image Meta-Wiki
Projekkoördinering