close
Gaan na inhoud

Flevoland

Flevoland
Provinsie
Urk se hawe
Urk se hawe
Vlag van Flevoland
Vlag
Wapen van Flevoland
Wapen
Ligging van die provinsie Flevoland in Nederland
Ligging van die provinsie Flevoland in Nederland
Kaart van die provinsie Flevoland
Kaart van die provinsie Flevoland
Koördinate: 52°32′N 5°40′O / 52.533°N 5.667°O / 52.533; 5.667
LandVlag van Nederland Nederland
HoofstadLelystad
Grootste stadAlmere
Regering
  KommissarisArjen Gerritsen (VVD)
Oppervlak
  Totaal2 412 km2 (931 vk. myl)
  Land1 410 km2 (540 vk. myl)
  Water1 002 km2 (387 vk. myl)
Bevolking
  Totaal456 395
  Digtheid324/km2 (840/vk. myl)
 1 Januarie 2025
TydsoneUTC+01:00 (MET)
  SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.flevoland.nl

Flevoland is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die sentrum geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 456 000 in 2025 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 2 412 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 324 inwoners per km² land. Die hoofstad is Lelystad (vernoem na die vader van die Flevoland-projek, Cornelis Lely) en die grootste stad is Almere. Flevoland is op 1 Januarie 1986 amptelik as provinsie erken en lê omtrent 5 meter onder seevlak. Die Flevopolder is die grootste kunsmatige eiland in die wêreld.

Flevoland grens in die suidweste aan Utrecht en Noord-Holland, in die weste aan die Ysselmeer, in die noorde aan Friesland, in die noordooste aan Overijssel en in die suidooste aan Gelderland.

In die provinsie word naas Nederlands op Urk ook Urkers gepraat, wat is 'n dialek van die Nedersaksiese taal.

Inwoners

[wysig | wysig bron]

Inwoners sedert 1986:[2]

  • 1986 — 177 000
  • 2000 — 317 000
  • 2025 — 456 000

Munisipaliteite

[wysig | wysig bron]

Flevoland bestaan uit 6 munisipaliteite:

Kaart van munisipaliteite
Image
Munisipaliteite Inwoners
(2025) [3]
Opmerkinge
Almere 230 000 Flevopolder
Dronten 45 000 Flevopolder
Lelystad 85 000 Flevopolder
Noordoostpolder 51 000 Noordoostpolder
Urk 22 000 voormalige eiland
Zeewolde 24 000 Flevopolder

Verwsyings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 Statistieken provincie Flevoland, AlleCijfers
  2. Bevolkingsatlas van Nederland; demografische ontwikkelingen van 1850 tot heden, StatLine
  3. Inwoners per munisipaliteit, AlleCijfers

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]