close
Gaan na inhoud

Friesland

Fryslân

Friesland
Provinsie
Uitsig op Hommerts
Uitsig op Hommerts
Vlag van Fryslân
Vlag
Wapen van Fryslân
Wapen
Ligging van die provinsie Friesland in Nederland
Ligging van die provinsie Friesland in Nederland
Kaart van die provinsie Friesland
Kaart van die provinsie Friesland
Koördinate: 53°8′N 5°49′O / 53.133°N 5.817°O / 53.133; 5.817
LandVlag van Nederland Nederland
HoofstadLeeuwarden (Ljouwert)
Grootste stadLeeuwarden (Ljouwert)
Regering
  KommissarisArno Brok (VVD)
Oppervlak
  Totaal5 753 km2 (2 221 vk. myl)
  Land3 340 km2 (1 290 vk. myl)
  Water2 413 km2 (932 vk. myl)
Bevolking
  Totaal664 222
  Digtheid199/km2 (520/vk. myl)
 1 Januarie 2025
TydsoneUTC+01:00 (MET)
  SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.fryslan.frl

Friesland (Wes-Fries en amptelike naam: Fryslân)[2] is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noorde geleë.

Die provinsie het 'n bevolking van sowat 664 000 in 2025 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 5 753 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 199 inwoners per km² land. Die hoofstad en grootste stad is Leeuwarden (Ljouwert in Wes-Fries).

Alle bewoonde Wes-Friese eilande, met uitsondering van Texel, val administratief onder die provinsie. Sy ligging tussen die Ysselmeer in die weste en die provinsie Groningen in die ooste maak van Friesland die tweede mees noordelike provinsie van Nederland. Dit is die enigste provinsie wat naas Nederlands 'n tweede ampstaal het - Wes-Fries wat, ondanks sy noue verwantskap met Nederlands, as 'n selfstandige taal erken word. Die meeste sprekers van Wes-Fries is egter ook Nederlands magtig.

Landbou en toerisme op die mere en eilande in die Waddesee is belangrike bronne van inkomste. Die provinsie is ook bekend vir sy ysskaatsers en die Elfstedentocht, 'n ysskaats-resies van 200 kilometer wat na die historiese elf stede van Friesland vernoem is.

Inwoners

[wysig | wysig bron]

Inwoners sedert 1850:[3]

  • 1850 — 248 000
  • 1900 — 345 000
  • 1950 — 465 000
  • 2000 — 625 000
  • 2025 — 664 000

Munisipaliteite

[wysig | wysig bron]

Friesland (Fryslân) bestaan sedert 2019 uit 18 munisipaliteite:

Kaart van munisipaliteite
Image
Munisipaliteite Friese naam Inwoners
(2025) [4]
Opmerkinge
Achtkarspelen Achtkarspelen 28 000
Ameland It Amelân 4 000 eiland
Dantumadeel Dantumadiel ¹ 19 000
De Friese Meren De Fryske Marren ¹ 52 000
Harlingen Harns 16 000
Heerenveen It Hearrenfean 52 000
Leeuwarden Ljouwert 130 000
Noordoost-Friesland Noardeast-Fryslân ¹ 46 000
Ooststellingwerf Eaststellingwerf 26 000 Stellingwerven
Opsterland Opsterlân 30 000
Schiermonnikoog Skiermûntseach 1 000 eiland
Smallingerland Smellingerlân 57 000
Terschelling Skylge 5 000 eiland
Tietjerksteradeel Tytsjerksteradiel ¹ 33 000
Vlieland Flylân 1 000 eiland
Wadhoek Waadhoeke ¹ 47 000
Weststellingwerf Weststellingwerf 27 000 Stellingwerven
Zuidwest-Friesland Súdwest-Fryslân ¹ 91 000

¹ Friese naam is amptelike naam

Verwsyings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 Statistieken provincie Friesland, AlleCijfers
  2. Die amptelike naam van die provinsie is volgens 'n besluit van die Nederlandse Departement van Binnelandse Sake, wat in November 2004 geneem is.
  3. Bevolkingsatlas van Nederland; demografische ontwikkelingen van 1850 tot heden, StatLine
  4. Inwoners per munisipaliteit, AlleCijfers

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]