Mosiuoa Lekota
| Mosiuoa Gerard Patrick Lekota | |
Mosiuoa Lekota in Februarie 2000 | |
President van die Congress of the People | |
| Ampstermyn 16 Desember 2008 – 4 Maart 2026 | |
| Voorafgegaan deur | Amp geskep |
|---|---|
Minister van Verdediging | |
| Ampstermyn 26 Junie 1999 – 25 September 2008 | |
| President | Thabo Mbeki |
| Voorafgegaan deur | Joe Modise |
| Opgevolg deur | Charles Nqakula |
Premier van die Vrystaat | |
| Ampstermyn 7 Mei 1994 – 18 Desember 1996 | |
| Opgevolg deur | Ivy Matsepe-Casaburri |
Persoonlike besonderhede | |
| Gebore | 13 Augustus 1948 Kroonstad, Suid-Afrika |
| Sterf | 4 Maart 2026 (op 77) Johannesburg |
| Politieke party | Congress of the People |
| Eggenoot/-note | Cynthia Lekota |
| Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Mosiuoa Gerard Patrick Lekota (13 Augustus 1948 - 4 Maart 2026) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en voormalige lid van die African National Congress (ANC). Hy dien sedert 16 Desember 2008 as president van die Congress of the People (Cope).[1] Hy was ook bekend as Terror Lekota as gevolg van die manier hoe hy sokker gespeel het. Hy was in die gevangenis op Robbeneiland weens sy politieke aktiwiteite tydens die apartheidsera.
Hy was premier van die Vrystaat na die 1994-algemene verkiesing tot in 1996, en was Minister van Verdediging van 1999 tot 25 September 2008, toe hy as minister bedank het nadat president Thabo Mbeki deur die ANC se Uitvoerende Bestuurskomitee gedwing is om te bedank.
Aankondiging van 'n nuwe party
[wysig | wysig bron]Op 8 Oktober 2008 kondig Lekota aan dat die ANC-faksie wat lojaal teenoor Thabo Mbeki was hulle "skeipapiere" indien, wat aandui op 'n skeuring van die ANC en die stigting van 'n nuwe politieke beweging. Toe die aankondiging deurgevoer is, was dit die eerste groot skeuring in die ANC sedert die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) in 1959 van die ANC afgestig het.
Die aankondiging was deur die ANC-leiers verwerp en as onbenullig afgemaak, terwyl die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty heftig daarteen gekant was. Ongeag hiervan, is die aankondiging deur lede van opposisiepartye, insluitend Helen Zille van die Demokratiese Alliansie (DA) en Bantu Holomisa van die United Democratic Movement (UDM), verwelkom.
Op 14 Oktober 2008 skort die ANC beide Lekota en Mluleki George se lidmaatskap van die party op.[2] Die Congress of the People is op 16 Desember 2008 gestig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Lekota on Mandela's death, polity.org.za. Besoek 3 September 2023
- ↑ "Lekota suspended from ANC" (in Engels). RTHK. 14 Oktober 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2012.
| Wikiquote het aanhalings in verband met Mosiuoa Lekota |
| Voorafgegaan deur Joe Modise |
Minister van Verdediging 1999 – 2008 |
Opgevolg deur Charles Nqakula |