close
Gaan na inhoud

Panorama

Panorama
Voorstad
Panorama is in Cape Town
Panorama
Panorama
Koördinate: 33°52′48″S 18°34′34″O / 33.88000°S 18.57611°O / -33.88000; 18.57611
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitKaapstad
Oppervlak
  Totaal0,91 km2 (0,35 vk. myl)
Bevolking
  Totaal3 121[1]
  Digtheid2 801/km2 (7 250/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
7506 (Busse)
7500 (Strate)
Skakelkodes+27 (0)21

Panorama is 'n voorstad in Parow, Kaapstad, Suid-Afrika.[2]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

In 1700 is grond wat vandag deel vorm van Panorama aan ene B. Booysen toegeken.[3]

Die naam het ontstaan toe Booysen vir die eerste keer op sy grond aangekom het, die mooi uitsig gesien het, na sy vrou gedraai en gesê het: "Liefie, kyk hierdie mooi Panorama", wat beteken dat hy vir sy vrou aangedui het dat daar 'n pragtige panorama van hierdie gebied is.

Verandering van eienaarskap oor die jare

[wysig | wysig bron]

Van Booysen af is dit toe na C. Meyboom oorgedra, wat dit "de Grendel" genoem het. Dit het oor die jare van eienaar verwissel en die eienaars was: F. Meyboom, J. Heyns en D. van Reenen. In 1890 het Sir David Graaff, 1ste Baronet, die grond gekoop.[3]

Die Graaff-familie

[wysig | wysig bron]

Hulle het met perde en melkbeeste geboer. Toe sir David in 1931 sterf, het sy seun De Villiers Graaff dit oorgeneem. Die grond was in 'n maatskappy genaamd Graaff's Trust. Na De Villiers se dood in 1999 was sy seun, David, in beheer.[3]

Residensiële ontwikkeling en die naamfout

[wysig | wysig bron]

In 1956 is twee stukke grond vir residensiële ontwikkeling verkoop. Die oorblywende deel van die plaas (wat vandag wyn produseer) word steeds deur die Graaff-familie besit. Een stuk is op 'n heuwel, vanwaar Tafelberg sigbaar is, en die ander stuk is aan die voet van die heuwel. Die bedoeling was dat die stuk grond op die heuwel Panorama (Panorama beteken uitsig) genoem word en die ander stuk Plattekloof. Die dorpsbeplanners het egter 'n fout gemaak en die twee name is omgeruil. Vandag is die gebied met die uitsigte Plattekloof en die gebied aan die voet van die heuwel Panorama.[4][5][6]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Subplek Panorama 2011-sensus
  2. "Panorama".
  3. 1 2 3 "De Grendel". grendel.co. Besoek op 3 Mei 2018.
  4. "Expat Cape Town". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2018. Besoek op 3 Mei 2018.
  5. Rossouw, E. "Parow Woonareas". Besoek op 3 Mei 2018.
  6. "About". Besoek op 5 Mei 2018.