close
Gaan na inhoud

Menlyn

Menlyn
Aansluiting van Lois- en Glen Manorstrate met die Menlyn Central-gebou op die agtergrond
Aansluiting van Lois- en Glen Manorstrate met die Menlyn Central-gebou op die agtergrond
Menlyn is in Gauteng
Menlyn
Menlyn
Image Menlyn se ligging in Gauteng
Koördinate: 25°46′59″S 28°16′31″O / 25.78306°S 28.27528°O / -25.78306; 28.27528
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Tshwane
HoofplekPretoria
Oppervlak
  Totaal0,56 km2 (0,22 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal491
  Digtheid877/km2 (2 270/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense18,7%
  Indiërs/Asiërs4,3%
  Bruin mense3,3%
  Swart mense54,2%
  Ander19,6%
Taal (2011)
  Engels 38,6%
  Afrikaans 16,4%
  Xhosa 12,2%
  Tswana 5,4%
  Ander 27,4%
Poskode (strate)
0181
Poskode (posbusse)
0063

Menlyn is 'n klein maar besige voorstad in die suidooste van Pretoria, Suid-Afrika. Menlyn is bekend vir sy groot winkelsentrums soos Menlyn Park en die aanliggende moderne, omgewingsvriendelike Menlyn Maine-gebied. Dit is naby die Atterbury-wisselaar van die N1-hoofweg geleë, en is ongeveer 5 km suid van die N4. Die voorstad is 'n spilpunt vir vermaak met plekke soos die Sun Arena, 'n verskeidenheid restaurante en kroeë, en nabyheid aan die Faerie Glen-natuurreservaat. Verskillende kantoorparke is ook hier geleë.

Menlyn Park-winkelsentrum is in 1979 geopen. Na uitbreiding en opknapping in 1988 en 2016 is dit tans een van die grootste winkelsentrums in Suid-Afrika. Dit het honderde winkels, 'n dak-inryteater en ander vermaaklikheidsopsies. Die Barnyard Teater word beskryf as 'n unieke teaterervaring in Menlyn Park. Ontwikkeling van die nabygeleë Menlyn Maine-gebied het in 2006 begin. Sedert 2017 is dit 'n moderne, gemengde-gebruiksarea met nuwerwetse winkels, restaurante, kroeë. Die Sun Arena by Time Square bied konserte, internasionale optredes en ander geleenthede aan.

Menlyn Maine word beskryf as 'n "groen stad" wat op energie-doeltreffendheid en volhoubaarheid gefokus is. Die volhoubare elemente sluit reënwateropvangs en doeltreffende ontwerp in, om die omgewingsimpak te verminder. 'n Gebou van 4 200 vierkante meter met die BMW IT Hub SA as huurder is in November 2015 voltooi. Dit huisves onder meer die SAP Competence Hub, en is op die hoek van Aramist- en Amarandlane geleë. Openbare vervoerhaltes vir die Gautrein-bus na bestemmings soos Time Square Casino is by die kruising van Lois- en Gobiestrate geleë. Nuwe plaaslike straatname soos Aramand, Aramist, Bancor en Corobay het kwalik enige historiese of ander konnotasies.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 4 "Subplek Menlyn". Sensus 2011.


Image Hierdie artikel omtrent 'n plek in Pretoria en omgewing is slegs ’n saadjie. Jy kan die Afrikaanse Wikipedia help deur dit uit te brei.

2015: 'n Gebou met die BMW SAP Competence Hub as primêre huurder is voltooi.